Ons glo dat hierdie liggaamsmodel die beste na vore kom in n kleingroepbediening. Ons glo dat dit die plek is waar lidmate omgee vir mekaar deur te deel in mekaar se vreugde en in mekaar se lyding. (1 Kor 12:26)
Ons glo dat liefde vir God en liefde vir mekaar die uitstaande kenmerk van die gemeente behoort te wees.
Ons glo dat elke lidmaat offervaardig moet wees uit dankbaarheid vir God se genade.
Omdat die gemeente leef in die genade van die Here glo ons dat net ons beste vir die Here goed genoeg is. Ons streef daarna dat hierdie uitnemendheid n kenmerk mag word van die gemeente.
Omdat ons glo dat die leer van Christus as Verlosser die antwoord is op die verloregaande wereld, verbind die gemeente hom daartoe om na die wereld uit te reik.
Ons glo dat elke gelowige daarna moet smag om geestelik te groei en toegewyd te lewe.